Your Recipe Blog

HOENDER CORDON BLEU MET ROOMSOUS

HOENDER CORDON BLEU MET ROOMSOUS

Bedien met grasuie- of tiemieroomsous. Njamm!

  • 4 hoenderfilette
  • aromat, peper en paprika na smaak
  • 200 g gesnipperde spek
  • 1 koppie gerasperde Mozzarellakaas
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 eiers
  • 1 koppie fyn broodkrummels
  • 1 cm olie in pan

Sny die filette 3/4 deur die lang kant en vou oop.
Plaas dit in ‘n plastieksak en kap dit plat met ‘n vleishamer of agterkant van ‘n piering.
Geur beide kante met aromat, peper en paprika.
Braai die spek bros in ‘n pan met een lepel olie.
Verdeel die kaas en spek en plaas eers die kaas en dan die spek op die platgekapte filette.
Rol toe en steek dit vas met ‘n tandestokkie.
Doop in die meel, dan in die eier en dan in die krummels en plaas in vrieskas vir ‘n uur.
Braai in ‘n pan met 1 cm diep medium warm olie tot mooi goudbruin.

  • Grasuie- of Tiemieroomsous:
  • 1 handvol gesnyde sprietuie of gekapte uie
  • 1 lepel margarien
  • sap van 1/4 suurlemoen
  • 250 ml houertjie room
  • 2 lepels vars gekapte grasuie / tiemie
  • peper en aromat na smaak

Braai sprietuie in margarien.
Voeg die suurlemoensap by en kook tot byna droog.
Voeg room en grasuie/tiemie by en prut tot verdik.
Geur met peper en aromat of sout.
Notas:
Die grasuie kan ook met tiemie vervang word.
Sampioensous of knoffelbotter werk net so lekker.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5