Your Recipe Blog

HEUNING EN BALSAMIESE ASYN VARK KRUISSKYF

HEUNING EN BALSAMIESE ASYN VARK KRUISSKYF

  • 500 g vark kruisskyf
  • 5 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • sout en peper na smaak
  • Heuning balsamiese asynsous:
  • 15 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 5 ml vars roosmaryn, gekap
  • 5 ml vars tiemie
  • 30 ml balsamiese asyn
  • 30 ml heuning
  • 15 ml Dijon mosterd
  • sout na en peper na smaak

Geur die varkvleis met sout en peper.
Verhit die olyfolie en botter in ‘n pan en braai die vleis aan elke kant vir 2 – 3 minute.
Verwyder die vleis uit die pan. Jy sal dit later weer in die sous verhit.

Heuning Balsamiese Sous:
Plaas die balsamiese asyn, heuning, botter en mosterd in ‘n mengbak en klits tot goed gemeng.
Voeg dan die knoffel, roosmaryn, tiemie, sout en peper by en klits deur.
Verhit botter in dieselfde pan.
Voeg die balsamiese- en heuningmengsel by en kook vir 2 minute oor matige hitte tot verdik.
Sit die vark kruisskyf terug in die pan en skep die sous aanmekaar oor terwyl die steaks gedraai en verhit word.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5