Your Recipe Blog

HENDA SE OONDGEROOSTERDE GROENTE

Cook: 55 - 60 minute

HENDA SE OONDGEROOSTERDE GROENTE

Een van my gunsteling bykosse saam met ‘n braai. Werk ook goed saam met enige vleisgereg soos hoender in oond gebak ens.

  • 500 g baba aartappels, in kwarte gesny met skil aan
  • 150 g sampioene, in helfte gesny
  • 2 koppies botterskorsies, in blokkies gesny en geskil
  • 1 koppie babawortels, in helfte gesny
  • ½ rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 2 klein rooi uie, in klein blokkies gesny
  • 4 baba murgpampoentjies, in 2 cm ringe gesny
  • sout, peper en groentespeserye van eie keuse
  • 6 teelepels botter

Plaas al die groente in ‘n oondbak, sprinkel olyfolie oor en meng deur. Strooi sout, peper en enige gunsteling groentespeserye oor. Versprei botter oor die groente, dit sal insmelt. Bedek die bak met foelie en plaas in voorverhitte oond (220°) vir so 30 minute.
Haal foelie af, roer groente eenkeer deur en sit terug in die oond sonder foelie.
Bak vir nog 15 tot 20 minute tot deurgaar en effens verbruin.
Skakel die oondrooster aan vir die laaste 5 minute.

Nota:
Daar is nie presiese hoeveelhede nie, dis maar gewoonlik wat ek beskikbaar het, maar gister het ek die bogenoemde groente en hoeveelhede gebruik.

Foto’s en resep: Henda Joubert

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5