Your Recipe Blog

HELEEN SE HOENDERSOSATIES

Recipe by
Prep: 4 ure | Cook: 50 minute

HELEEN SE HOENDERSOSATIES

“Kinders was moeg vir braai en vinnige etes… hulle het gevra, vir kook kos… pampoen, spinasie, gebakte aartappels, spicy rys en hoender kebabs!”

  • hoenderfilete, in groterige blokkies gesny
  • groensoetrissies en uie, opsioneel en in stukke gesny
  • 250 ml soetrissiesous
  • 125 ml suurlemoensap
  • hoenderspesery, na smaak
  • prego- en hoenderspesery, na smaak
  • 10 ml knoffelvlokkies
  • 5 druppels Tabascosous
  • sout en peper, na smaak

Ryg hoenderblokkies op 20 cm sosatiestokkies.
Opsioneël:
Jy kan groensoetrissies en uie ook tussen hoenderblokkies inryg.
Plaas sosaties plat langs mekaar in plastiekbak. Sprinkel speserye, sout en peper oor en vryf liggies in.
Meng die souse, suurlemoensap en knoffel. Bedek sosaties en marineer vir vier ure, draai na twee ure om. Voorverhit oond tot 180 °C.
Plaas in oondbak en bak vir 25 minute, haal uit en draai om sodat onderkant nou bo lê, bak vir verdere 25 minute of tot dit begin verbruin.

Nota: Kan ook oor die vuur gebraai word.

Resep en foto: Heleen Brümmer Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5