Your Recipe Blog

HEERLIKE SKAAPVLEIS EN STAMPMIELIES IN DIE PRUTPOT

HEERLIKE SKAAPVLEIS EN STAMPMIELIES IN DIE PRUTPOT

  • 375 ml rou stampmielies
  • skaapvleis (skenkels sal goed werk)
  • 1 ui, grof opgekap
  • 3 wortels, in groot ringe gesny
  • 3 aartappels, in kwarte gesny
  • 1 knoffelhuisie, opgekap
  • 1 aftrekselblokkie
  • 2 koppies kookwater
  • blatjang na smaak
  • worcestersous na smaak
  • tamatiesous na smaak
  • speserye (sout, growwe swartpeper, Aromat en BBQ speserye)
  • Bisto of sousverdikker

Laat die stampmielies oornag in water lê.
Plaas die vleis, groente en geurmiddels in die prutpot.
Los die aftrekselblokkie op in die kookwater en giet in die pot.
Kook oornag in die prutpot op laag.
Volgende oggend: Verwyder die bene en haal die vleis en groente uit die pot. Hou eenkant.
Voeg die gedreineerde stampmielies by die sous in die prutpot en kook op hoog vir sowat 3 ure.
Voeg dan weer die vleis en groente by en kook verder op laag vir sowat nog ‘n uur.
Verdik die sous met Bisto, en kook goed deur.

Resep en foto: Sean O’Brien

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5