Your Recipe Blog

HEERLIKE ROOMSPINASIE

HEERLIKE ROOMSPINASIE

Baie lekker as bykos, saam met braaivleis, as bolaag op geurige maalvleis, en natuurlik toegerol in ‘n pannekoek.

  • 60 ml botter
  • 1 ui, gekap
  • 200 g sampioene (bruin indien moontlik), fyn gekap
  • 75 ml koekmeel
  • 2 koppies melk
  • 500-600 g spinasie, fyn gesny
  • 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
  • 1-2 wiele Fetakaas, in blokkies gesny
  • sout
  • peper
  • knypie neutmuskaat

Braai ui en sampioene in botter tot gaar.
Voeg meel by en roer mooi in mengsel in. Laat bietjie kook.
Voeg melk koppie, vir koppie by en roer goed om klonte te vermy. (Kan minder melk benodig)
Stoom spinasie in mikrogolf tot sag so vir 5 minute.
Roer spinasie by uiemengsel, asook geurmiddels.
Voeg Cheddar en Feta by, meng deur dat die kaas lekker smelt en GENIET!

Nota:
Baba spinasie kom soos bossies op na saad geplant is, en dra, en drá tonne blaartjies.
Vars, gesond, selfs rou in slaaie!

Resep en fotos: Laetitia Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5