Your Recipe Blog

HEERLIKE BOONTJIE EN LENSIE SOP

HEERLIKE BOONTJIE EN LENSIE SOP

  • 1 pakkie droë rooi boontjies
  • ½ pakkie droë swart boontjies
  • 1 blikkie kekerertjies (chick peas)
  • 1 pakkie swart lensies
  • 4 lekker vleis sopbene
  • 2 blikkies gekapte tamatie
  • 2 uie, gekap
  • 4 seldery stingels en blare, gekap
  • bossie vars koljander, gekap, stingels en al
  • Steak en Tjop speserye, na smaak
  • ½ teelepel fyn naeltjies
  • 1 teelepel garahm masala, of na smaak
  • sout en peper na smaak
  • chillie na smaak (optioneel)

Braai uie, seldery en sop bene in groot kastol (gegeur met speserye, sout en peper). Gooi dan half vol met water en prut tot vleis sag is.
Spoel boontjies af, gooi saam met chickpeas in drukkoker. Maak half vol water.
Kook ± 35 minute tot sag (moenie sout ingooi nie, maak die doppies hard).
Skep uit, behou die water dis heerlik in die sop.
Spoel lensies af, bedek met water en drukkook vir 15 minute – nie pap nie.
Sny vleis fyn van bene af en meng alles saam in pot. Voeg blikkies tamatie en koljander in en prut vir paar minute.
Hoeveelheid water kan aangepas word afhangende van hoe dik jy van jou sop hou.

Resep geplaas deur Yolande Bekker
Foto: Yolande Bekker

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5