Your Recipe Blog

GROOTMAAT MALVAPOEDING

GROOTMAAT MALVAPOEDING

  • 1 eier
  • ½ koppie suiker
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1½ eetlepel asyn
  • 1 koppie melk
  • knippie sout
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda

Meng eier en suiker en klits tot ‘n ligte geel kleur.
Voeg die appelkooskonfyt by.  Voeg die asyn by die melk.
Meng droë bestanddele en voeg eers die helfte van droëmengsel by eier-en-suikermengsel dan helfte van melk.
Klits tot gladde mengsel en voeg die res van die droë bestanddele en melk by, klits weer tot gladde mengsel.
Skep die beslag in ‘n oondbak.
Bak 30 min by 180ºC of tot toetspen skoon uitkom.

  • Sous:
  • 1 koppie suiker
  • 1½ koppie melk
  • ½ koppie kookwater
  • 1 eetlepel margarien
  • 1 teelepel vanilla geursel

Kook al die bestanddele saam en giet die warm sous oor die warm poeding wanneer dit uit die oond kom.
Druk poeding vol gatjies sodat die sous lekker kan intrek oral.

Nota:
2 ½ keer die resep lewer 1 oondpan.
Indien jy 1 oondpan wil gebruik, gebruik dan 3 eiers.
5 keer lewer 2 oondpanne.
1 oondpan lewer ongeveer 24 ruim porsies.

Resep geplaas deur Dalene Brits

RONELL MULLER BOSHOFF SE NOTAS:
Beslag:
Ek het konfyt, suurlemoensap en koeksoda saam gemeng en by eiermengsel gevoeg.
Gebruik so min as moontlik klitser en net op 2 spoed. Nie oormeng nie.

Sous:
Ek het ¾ koppie suiker gebruik. Meer geursel en volroommelk.
Vir 2 ½ keer se bakbeslag, het ek vir die sous 3 keer van al die bestanddele gebruik.
Vir 5 keer se bakbeslag het ek die sous 7 keer van alles gebruik.
Gebruik groot genoeg bakke. Ek het glasbakke en oond metaalbakke gebruik. Elke bak het perfek gekom.
Ek het na wenke op foodlovers gekyk want ek was baie bang om so baie aan te maak op een slag.
Moenie baie klits.
As resep se 5 x het ek op een slag 5 x aangemaak en beslag in groot oondbak geskep.
Metaal oondpanne het ek getoets. Myne het al 4 bakke perfek gebak.
Bakke moet groot en diep genoeg wees.  Ek het verskillende groottes bakke gebruik.
Sous moet kokend wees as dit oor poeding gegiet word. Dit moet alles opsuig.
Vir die baktyd het ek 2.5 keer se beslag so 10 min. langer gebak en 5 keer so 15 min. langer. Baie groter bak gebruik. Nogsteeds toets met toetspen. Na gewone baktyd soos resep se. Dit hang van jou bak grote af. Bak moet net half vol wees dan is grootte reg.

Ek moes vir 100 mense poeding maak.

Resep geplaas deur Dalene Brits
Foto:  Ronell Muller Boshoff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5