Your Recipe Blog

GROENBOONTJIE-ENTAMATIESKAAPSKENKELBREDIE

Cook: 45 - 60 minute | Servings: 6 - 8 porsies

GROENBOONTJIE-ENTAMATIESKAAPSKENKELBREDIE

Die resep is “gebore” nadat my oudste dogter dit versoek het.

  • 1 kg skaapskenkels
  • 500 g murgbene
  • 750 g vars gekerfde boontjies of 750 g bevrore groenboontjies
  • 2 uie, geskil en fyn gesny
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • 4 aartappels, geskil en in groterige blokkies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml asyn
  • 250 ml Coca-Cola (Coke)
  • 1 teelepel komyn
  • 2 eetlepels Ina Paarman groenuie speserye
  • 1 pakkie osstertsoppoeier, gemeng met ± 250 ml water

Braai uie in ‘n swaarboompot (verkieslik ‘n platboom swartpot). Sodra die uie gaar en deurskynend is, skep uit en braai aartappels vinnig bruin in dieselfde pot.
Skep die aartappels uit sodra bruin gebraai. Indien die olie te min is, voeg bietjie olie by en braai die skenkels rondom bruin. Voeg die Coke, asyn en murgbene by die vleis. Laat dit liggies prut vir ± 45 na 60 minute. Voeg nou die uie, aartappels, groenbone en tamaties in dié volgorde by en laat prut tot groente sag, maar nie pap is nie.
Indien nodig deur die kooktyd, vul vloeistof aan met water, maar nie te veel nie.
So 10 tot 15 minute voor opdiening, voeg die soppoeier en smaakmiddels gemeng met water by die bredie en kook dit deur.
Bedien met rys en soet groente.

Resep en foto’s: Elma Brittz-Venter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5