Your Recipe Blog

GRETCHEN SE ROOMSTABILISEERDER

GRETCHEN SE ROOMSTABILISEERDER 

Indien jy bekommerd is dat ‘n roomlaag in ‘n yskastert water gaan trek wanneer gebêre word in die yskas, is hierdie wenk ‘n voorkomende intervensie.

  • 5 ml gelatienpoeier
  • 25 ml kouewater
  • 25 ml kookwater
  • 500 ml room

Laat lê gelatienpoeier in koue water vir sowat vyf minute. Voeg kookwater by en roer tot opgelos. Voeg die gelatine dadelik by die room voor jy begin klits.
Kan ook die gelatine voor die tyd berei – stoor in dié geval in yskas.
Smelt in mikrogolfoond vir ‘n paar sekondes en voeg net voor gebruik by die room.
Klits styf en gebruik soos verkies.

Resep: Gretchen
Plasing: Kiti Citi
Foto: Wadi

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5