Your Recipe Blog

GRANADILLA SNEEUPOEDING

by Your Recipe Blog

Stien Rust
Posted by
4 ure
| Servings: 6

GRANADILLA SNEEUPOEDING

My 4 bestanddele resep.

  • 1 glasie vars room
  • 1 pakkie suurlemoenjellie
  • pulp van 3 granadillas of een blikkie granadilla moes
  • 175 ml (een houer) Griekse jogurt

Los jellie op in 300 ml kookwater, laat dit buite die yskas koud word. Dit mag glad nie stol nie, maar moet heeltemal koud wees.
Klits room styf, voeg jellie, moes en jogurt by en roer goed deur.
Skep in individuele bakkies of in een groot bak en laat stol in die yskas.
Nota:
Ek bere altyd bietjie moes en room om agterna mee te versier. Hier het ek bietjie vergeet van die moes en moes die blikkie behoorlik uitskraap vir die foto!!
Soms sit ek Tennis beskuitjies onder in ‘n bak, gooi die mengsel daaroor en daar het ek ‘n heerlike tert.
Stoltyd in yskas is ongeveer 4 ure.

Resep: At Horn‎

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5