Your Recipe Blog

GRANADILLA YSLOLLIES

GRANADILLA YSLOLLIES

  • 60 ml (4 eetlepels) water
  • 60 ml (4 eetlepels) suiker
  • 250 ml (1 koppie) granadillapulp
  • 125 ml (½ koppie) granadilla-vrugtesap

Verhit water en suiker saam in kastrol oor matige hitte. Roer tot suiker oplos.
Verhoog hitte en kook nog vier minute tot effens taai.
Verwyder kastrol van stoofplaat en roer granadillapulp by. Roer tot goed gemeng.
Roer vrugtesap by en meng goed.
Giet mengsel in yslollievorms en los vir drie uur in vrieskas.
Druk stokkies in en laat oornag vries.

Resep geplaas deur Melissa Ann Vermeulen
Foto: Melissa Ann Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5