Your Recipe Blog

GIDEON SE VYEROLLE

by Your Recipe Blog

GIDEON SE VYEROLLE

My vyerol wat ek eergister gemaak het, het baaaaaaie lekker gekom en smaak prentjie lekker.

  • 2 kg geskilde ryp vye met my elektriese meultjie gemaal met ‘n growwe siffie
  • 1 koppie suiker by die gemaalde vye bygesit en goed gemeng

Drie groot gladde ongebruikte vloer teels wat omtrent 400 x 400 mm groot is, skoongemaak, met spray en cook gespuit en die vye daarop uitgegiet en mooi gelyk gekrap met ‘n plat metaal breë lem tot omtrent 5 mm dik.
Laat staan dit oornag, eers onder dak gehou en met ‘n net bedek.

Die volgende dag het ek dit uitgesit in volle son en dit was sommer lekker warm hier by ons, 39° C.
Ek het dit natuurlik met die net bedek en oornag ook buite gelos.
Het dit toe vanoggend nog ‘n rukkie in die son gelos en toe die rante mooi losgemaak en afgetrek vanaf die teel en opgerol.
Rol dit op met die gladde kant aan die binnekant.

Resep en foto: Gideon Louw

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5