Your Recipe Blog

GIDEON SE VARKSOSATIES

GIDEON SE VARKSOSATIES

Ek het Vrydag al hierdie vark sosaties gemaak met stowe vleis wat ek gekoop het.

  • varkvleis blokkies
  • rooi en geel soetrissie, in blokkies gesny
  • uie, in groterige blokkies gesny
  • sosatiestokkies
  • Sous:
  • 1 eetlepel dijon mosterd
  • 1 eetlepel korrelmosterd
  • 1 eetlepel “Italian herbs”
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 2 eetlepels heuning
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel witpeper

Ryg op elke stokkie ‘n stukkie vark gevolg deur ‘n stukkie geel soetrissie dan ‘n stukkie vark dan ‘n stukkie rooi soetrissie dan ‘n stukkie vleis gevolg deur ‘n stukkie uie. Doen so tot die stokkie vol is.

Meng die sous bestanddele saam en verf dit oor die sosaties met ‘n kwassie.
Pak die sosaties in ‘n bak en skep die res van die sous oor en plaas in die yskas vir 3 dae.
Draai elke dag die sosaties om dat die sous oral lekker kan bykom.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5