Your Recipe Blog

GIDEON SE KERRIE AFVAL

Recipe by
Ongeveer 4 ure

GIDEON SE KERRIE AFVAL

Ons het gistraant hierdie lekker kerrie afval berei oppie kole.
Vanaaaaaaand gaan ek virre slag ‘n lekker kerrie afvalpotjie aanmekaar slat, eks al laaankal lus virre afvallietjie.
Ek’t dit nou klaar bespied van kop tot toon en mettie minora blyd begedam, dit is nou silwerskoon en lê en wag vir my. My oorle moeder het my mos darem mooi getryn hoe om dit skoon te maak.
En kyk as sy klaar ‘n afval skoongemaak het issit spierwit in silwerskoon.
My resep gaan so lyk ek gaan dalkies net die borrie vermeer.

Gebruik 1 skoon skaapafval.
Bedek die afval met skoon water.
In my swart platboompot, ek’s tog te lief vir hom.
Laat kook dan vir omtrent twee ure, nie te vinnig nie anders kook al die lekker lymerigheid uit en dit maak mos daai lekker taaierigheid aan jou vingers as jy die beentjies af tghorro (dis soos ‘n Namakwalander sou sê vir skoon af eet dis seker maar ‘n Namma woord)

  • Voeg die volgende by:
  • 2 uie
  • 8 naeltjies
  • 6 peperkorrels
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • 1 teelepel koljander
  • Ekstra:
  • 6 medium groot aartappels, in kwarte gesny
  • 1 koppie asyn
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 eetlepel suiker
  • 2 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 2 eetlepel bruinuie soppoeier

Wanneer die uie en spesery bygevoeg is, kook vir ‘n verdere 45 minute.
Voeg die aartappels by en kook vir nog 30 minute.
Laastens, meng die asyn met die kerrie, borrie, suiker, appelkooskonfyt, knoffel en soppoeier en roer dit deur die afvalmengsel in die pot.
Laat dit weer kook vir 45 minute.
Bedien met rys of stampmielies of soos verkies.

Nota:
Hou die watervlak dop en moenie laat dit te min sous hê nie, want dit is mos wat die volgende dag as oorskiet so lekker op ‘n sny brood met jêm is.

Ek kannie wag vir vanaand solaat ek my tong kan laat lekker kry met hierrie djeeerlikhyt nie.
Hhmmmmm!

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5