Your Recipe Blog

GIDEON SE KERRIE-AFVAL EN SULT

GIDEON SE KERRIE-AFVAL EN SULT

“Vanaaaaaaand gaan ek virre slag ‘n lekker kerrie afvalpotjie aanmekaar slat, eks al laaankal lus virre afvallietjie. Ek’t dit nou klaar bespied van kop tot toon en mettie minora blyd begedam, dit is nou silwerskoon en lê en wag vir my. My oorle moeder het my mos darem mooi getryn hoe om dit skoon te maak. En kyk as sy klaar ‘n afval skoongemaak het issit spierwit in silwerskoon. My resep gaan so lyk ek gaan dalkies net die borrie vermeer. Die naweek se afvalpoitjie was heeeeerlik. Ek het die oorskiet warm afval se alle beentjies uitgehaal en dit toe in n plat oondpan wat gespuit is met spray en cook uitgegooi en mooi oopgekrap en eweredig versprei. Ek dit in die yskas geplaas tot dit lekker styf gestol is en dit in blokkies gesny soos op die foto. Ek kan net nie my hande uit daai bak hou nie . Dit voel asof jy slap custard eet met ‘n  vurk jy kry net nie genoeg nie. Hier is die afval resep. Onthou – Moenie laat dit te min sous hê nie, want dit is mos wat die volgende dag as oorskiet so lekker op ‘n sny brood met jêm is.”

  • genoeg water, om afval te bedek
  • 8 naeltjies
  • 6 swartpeperkorrels
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • 1 teelepel koljander
  • 6 mediumgroot aartappels, in kwarte gesny
  • 1 koppie asyn
  • 1 eetlepel kerrie
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel fyngemaakte knoffel
  • 2 eetlepels bruinuie-soppoeier

Bedek afval met skoon water in swart platboompot. Laat kook omtrent twee uur, nie te vinnig nie –  anders kook lekker lymerigheid uit en dit maak mos daai lekker taaierigheid aan jou vingers as jy die beentjies af tghorro (dis soos ‘n Namakwalander sou sê vir skoon af eet – dis seker maar ‘n Namma woord). Voeg naeltjies, peperkorrels, neutmuskaat en koljander by. Kook vir nog ¾ uur. Voeg aartappels by en kook vir halfuur. Meng asyn met kerrie, borrie, suiker, appelkooskonfyt, knoffel en soppoeier. Voeg by pot. Hou watervlak dop en en kook vir nog ¾ uur – moenie dat dit te min sous hê nie.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5