Your Recipe Blog

GIDEON SE GRANADILLA POEDING

by Your Recipe Blog

Posted by
Cook: 30 minute

GIDEON SE GRANADILLA POEDING

Ons het vanaand djeeeeerlik gekyer. Slaai en slaaaai en poering en die poering wil ek met julle deel want dit was djeeeerlik.

  • 125 ml suiker
  • 60 ml botter
  • 2 eiers, geskei
  • 75 ml koekmeel
  • 300 ml melk
  • 4 uitgedrukte, vars granadillas se moes

Voorverhit jou varkieoond tot 180°C (ek voel met my hand).
Klop die botter en suiker saam tot goed gemeng.
Voeg die eiergele by en meng goed.
Klop meel, melk en granadilla moes by.
Klits eierwitte tot styf en vou liggies in die mengsel in.
Giet in klein pannetjies wat vooraf gespuit is en bak in jou varkie oond vir 30 min.
Bedien saam met suurlemoen gegeurde roomys.
Dit was djjjeeèrlik.

Foto en resep: Gideon Louw

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5