Your Recipe Blog

GIDEON SE BOK-LAMSBOUD IN DIE OOND

Recipe by
Cook: Ongeveer 4 ure

GIDEON SE BOK-LAMSBOUD IN DIE OOND

Vroulief het gisteraand vir aandete die heerlike bok-lamsboud vir ons gaargemaak
Dit was super sag en baie lekker. Die groot geheim is tyd – dit was stadig in die oond gebak met foelie op lae hitte vir omtrent 4 ure.

  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 eetlepel Italiaanse kruie
  • 2 teelepel knoffelflokkies
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 2 teelepels sout of na smaak

Voorverhit oond tot 160ºC.
Meng al die bestanddele met die olyfolie.
Smeer die boud goed in met die olyfoliemengsel.
Plaas foelie bo-oor die bak en bak vir ongeveer 4 ure of tot die boud lekker sag is.

Ons het soetpampoen en kapokaartappel asook ‘n skeppie beet en uie slaai saam met dit geniet.
Ek het ‘n holte in my kapokaartappel gemaak en daai lekker sous met skrapnel wat op die bodem van die pot was geskep en in die aartappel se holte geskep.
Dit was liplekker en daai oorskiet vleisie is vandag nog lekkerder as dit koud is.
Ek gaan natuurlik die murgbeen oopsaag vir daai lekkerte ook.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5