Your Recipe Blog

GEVULDE SOETRISSIES

Recipe by
Cook: 60 minute

GEVULDE SOETRISSIES

Roberto, daardie warmbloedige Italianer wat die held in Emma se somer is, het hierdie resep vir my gegee. Spesiaal vir Valentynsdag. Nou deel ek dit met jou. Hy weet resepte moet maar maklik wees en min skottelgoed maak. Dis nou nie dat ek lui is nie … Nee ek is net haastig om by my skryfwerk uit te kom.

  • 6 – 8 ansjovis filette (50 g)
  • 5 – 6 rooi soetrissies. Jy kan ook ʼn mengsel van rooi-, groen- en geel soetrissies gebruik
  • 250 ml (1 koppie) tamatie puree
  • 1 eetlepel sjerrie of 1 teelepel bruinsuiker, breek net die soet van die tamatie
  • 2 tone knoffel, gekneus
  • 15 tot 20 swart olywe
  • 60 – 75 ml olyfolie
  • gemaalde swart peper

Sny die soetrissies in kwarte en haal die saad uit.
Spoel die ergste sout van die ansjovissies af en sny in dun repies.
Smeer die soetrissies met olyfolie en rangskik in ʼn groot bak.
Meng die knoffel en sjerrie of suiker met die tamatiepuree. Skep ʼn bietjie in elke soetrissiekwart, sit een of twee vissies en ʼn olyf of drie op die tamatiepuree.
Pak op ‘n bakplaat en bak vir ʼn uur teen 140º C.
Bedien teen kamertemperatuur met ʼn lekker vars ciabatta brood en botter.
Dalk ʼn glasie wyn?

Resep en foto:  Tosca de Villiers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5