Your Recipe Blog

GEROOSTERDE VARKTJOPS IN OOSTERSE SMEER

GEROOSTERDE VARKTJOPS IN OOSTERSE SMEER

  • Smeer vir tjops – meng die volgende saam:
  • ¼ koppie soyasous
  • ¼ koppie tamatiesous
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 4 teelepels bruinsuiker
  • 1 eetlepel vars of 1 teelepel fyn gemmer
  • 1 teelepel kaneel
  • knypie rooipeper of “crushed chilli”
  • Tjops:
  • 1 suurlemoen se sap, uitgedruk
  • sout, peper en paprika, na smaak
  • varktjops (ek het nektjops gebruik)

Geur tjops met suurlemoensap, sout, peper en paprika na smaak.
Sit die tjops op medium kole.
Verf die smeermengsel op die tjops na die 1ste omdraai.
Hou aan verf met elke omdraai tot gaar.
Bedien met aartappels, patats en groenslaai.

AARTAPPELS EN PATATS IN FOELIE
Aartappels:
Was die aartappels en smeer met olie.
Geur met Aromat.
Draai elke aartappel toe in foelie met blink kant binne.
Plaas rondom vuur teen kole.
Draai gereeld om tot die aartappels sag voel met die braaitang.

Patats:
Was die kleinerige patats met skil en al goed af en plaas almal met klonte botter en bietjie growwe sout in foelie en maak ‘n stewige pakkie.
Sit hoog bo kole op braairooster.
‘n Paar vlamme sal nie skade doen nie. Draai gereeld om.
Knyp met braaitang tot dit meegee, dan weet jy hulle is gaar.

Resep en fotos: Stef Conradie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5