Your Recipe Blog

GEMMER NEUTSJOKOLADEKOEK

by Your Recipe Blog

Stien Rust
Posted by
| Servings: 20 skywe

GEMMER NEUTSJOKOLADEKOEK

  • 600 g donker sjokolade, in blokkies gebreek
  • 125 g botter
  • 100 g Brasiliaanse, pekan-makadamia- en kasjoeneute
  • 100 g pampoenpitte
  • 100 g sponsvingers, in stukke gebreek
  • 175 g ingelegde gemmer, kleiner gesny
  • bessies vir voorsit (opsioneel)

Spuit ’n silikon-broodpan van sowat 23 x 10 cm met kleefwerende sproei.
Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak in die mikrogolfoond tot glad. Roer gereeld.
Voeg die neute, pitte, sponsvingers en gemmer (stroop en al) by en meng deur. Werk vinnig, want dis byna weer gestol teen die tyd dat jy klaar gemeng het.
Skep in die broodpan en verkoel tot stewig.
Ontvorm en sny in skywe. Sit voor saam met bessies indien verkies.

Foto: Marita Pritchard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5