Your Recipe Blog

GEMMER – LEMOENWORTELSLAAI

GEMMER – LEMOENWORTELSLAAI

  • 80 g suiker
  • 5 ml gemaalde gemmer
  • 10 ml mielieblom
  • 60 ml asyn
  • 750 ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
  • 15 ml olie
  • 10 ml gerasperde lemoenskil, opsioneel

Meng suiker, gemmer en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook oor lae hitte tot dik.
Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig.
Voeg lemoenskil laaste paar minute by.
Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak.

Nota:
Dit is glad nie souserig of loperig nie. Die wortel verhouding (ek het 10 wortels gebruik) is net reg vir die hoeveelheid sous. As jy sou verkies om ‘n loperige sous saam met die wortels te hê, sal jy dit beslis moet verdubbel.

Foto: Gillian Bredenhann

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5