GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE
- Pimento (Allspice) – bredies
- Basiliekruid (Basil) – tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
- Lourierblare (Bay leaves) – sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
- Kappertjiesaad (Capers) – vis- en ander seekosse
- Rissiepeper (Cayenne pepper) – kaas- en eiergeregte
- Chilli – sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
- Grasuie (Chives) – slaaie, sop, souse en doopsouse
- Kaneel (Cinnamon) – souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
- Naeltjies (Cloves) – hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
- Koljander (Coriander) – vleis, droëwors en biltong
- Vinkel (Fennel) – vark, groente en slaaie
- Knoffel (Garlic) – vleis, vis, groente en slaaie
- Gemmer (Ginger) – soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
- Peperwortel (Horseradish) – gebraaide bees, skaap en vis
- Foelie (Mace) – bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
- Moederkruid (Marjoram) – sop, bredies and vleisvulsels
- Ment (Mint) – groente en vis (met botter)
- Mosterd (Mustard) – vleis, vis, groente, souse en sop
- Neutmuskaat (Nutmeg) – vleis, groente en soetgebak
- Oreganum (Oregano) – sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
- Paprika – vleisgeregte, groente en slaaie
- Pietersielie (Parsley) – sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
- Roosmaryn (Rosemary) – vleisgeregte, hoender, sop en souse
- Safraan (Saffron) – rys, vulsels en vleis
- Salie (Sage) – vulsels vir vleis en hoender
- Dragon (Tarragon) – lamvleis, souse en piekels
- Tiemie (Thyme) – vleis (skaap en hoender), groente en sop
- Borrie (Turmeric) – kerrie, geelrys
- Bronslaai (Watercress) – Slaaie
Geplaas deur Robert Steyn
Foto: Elize de Kock
Category: