Your Recipe Blog

GEBOTTELDE BEET MET ROU UIE

GEBOTTELDE BEET MET ROU UIE

My lekker beet wat ek effe meer soet maak.

  • 1 kg gekookte beet, velle afgetrek en in wiele gesny
  • 500 ml water
  • 500 ml bruinasyn
  • 500 g suiker
  • 3 medium groot uie, geskil en in ringe gesny
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • ½ teelepel fyn gemmer
  • ½ teelepel fyn neutmuskaat

Plaas die asyn en water saam met alle ander bestandele (buiten die uie) in ‘n groot genoeg kastrol en bring tot kookpunt.
Voeg die gesnyde beet by en bring tot kookpunt.
Verwyder van die hitte en bottel in warm gesteriliseerde flesse deur eers ‘n lagie rou uieringe in die fles te plaas gevolg deur ‘n lagie beet.
Herhaal tot die fles vol is en herhaal met alle flesse tot alles op is en al die vlesse gevul is met vloeistof tot bo.
Laat staan vir drie weke voor gebruik sodat dit lekker kan trek en die bestanddele met mekaar in die huwelik kan tree.
Hmmmmm!!!
Is lekker om bruilof te hou wat 3 weke aanhou… 😂😂😂

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5