Your Recipe Blog

GEBAKTE KAASKOEK MET VRUGTE VERSIERING

by Your Recipe Blog

Stien Rust
Posted by
Cook: 10 - 15 minute

GEBAKTE KAASKOEK MET VRUGTE VERSIERING

Kaaskoek gebak met verskeidenheid vrugte vir my ma se 60ste verjaarsdag, het dit spesiaal mooi gemaak. Daar is ‘n soort gelyke kaaskoek op die blog.

  • Vulsel:
  • 1 houertjie roomkaas
  • 1 blik kondensmelk
  • 200 ml room
  • 80 ml suurlemoensap
  • Kors:
  • 2 pakkies suurlemoen Tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • ± 200 ml gesmelte botter

Ek het die beslag 2 keer aangemaak… dis ‘n 23 cm losboompan en die klein losboompan is 11 cm. En daar het nog beslag oorgebly vir omtrent nog ‘n klein 11 cm pan.

Meng die fyngemaakte koekies met gesmelte botter vir kors en druk onder en teen die kante vas.
Meng die res van die bestanddele tot dit mooi glad is en skep in die kors.
Bak op 180°C vir 10 – 15 minute. Laat heeltemal afkoel en plaas in die yskas.

  • Vrugte versiering: (eie hoeveelhede)
  • granaatpitte
  • aarbeie
  • kersies
  • bloubessies
  • sjokolade bessies van Lindt

Haal die gestolde kaaskoek uit die groot losboompan en plaas op ‘n groot opdien bord, ontvorm die kleiner een en plaas bo-op die grote in die middel. versier met die vrugte soos verkies.
Nota:
Maak seker die kaskoeke is goed gestol voordat jy hulle stapel.

Resep geplaas deur Andrie Grimsell
Foto:  Andrie Grimsell

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5