Your Recipe Blog

GEBAKTE AARTAPPELSLAAI-GROOTMAAT

Recipe by
| Servings: 15 ruim porsies

GEBAKTE AARTAPPELSLAAI – GROOTMAAT

Ongeveer 15 ruim porsies
Bedien saam met braaivleis.

  • 20 medium grootte gekookte aartappels (nie te sag gekook nie)
    Sny aartappels in blokkies en pak in oondpan.
  • Witsous:
  • 2 koppies melk
  • 3 eetlepels margarien
  • 3 eetlepels koekmeel
  • sout en peper na smaak

Plaas bogenoemde in ‘n mikrogolf  houer en meng goed dat daar geen klontjies is nie.
Sit in die mikrogolf op hoog en roer elke 1 minuut, totdat die witsous gaar en dik is.

  • Meng by witsous:
  • ½ koppie mayonnaise
  • 2 eetlepels aangemaakte mosterd

Gooi die sousmengsel oor die aartappelblokkies en meng liggies deur.
Rasper genoeg Cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 minute by 180 ºC.

Foto: Meisie Van Der Colff

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5