Your Recipe Blog

FYN KOEJAWELKONFYT

FYN KOEJAWEL KONFYT

  • Lees die metode om die hoeveelhede te bepaal:
  • koejawels, soveel soos verkies
  • suiker, na gelang van die hoeveelheid koejawels
  • vars suurlemoensap, na gelang van die hoeveelheid suiker

Pak die koejawelstukke in ‘n kastrol en voeg genoeg water by om die vrugte te bedek.
Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 25 minute of tot die vrugte sag is.
Gebruik ‘n staaf-versapper om die vrugte te verpulp of druk dit fyn met ‘n aartappeldrukker.
Giet die mengsel in ‘n sif (bo-oor ‘n groot maatbeker) en roer dit met ‘n houtlepel om soveel moontlik koejawelpuree uit die mengsel te kry.
Meet hoeveel milliliter puree in total in die maatbeker is en plaas dit in ‘n kastrol, meet dieselfde hoeveelheid suiker af en voeg dit by die puree en voeg 15 ml vars suurlemoensap vir elke koppie (250 ml) suiker wat jy bygevoeg het, by die die puree.
Verhit die mengsel stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot ál die suiker opgelos is. (baie belangrik anders gaan die konfyt sandsuiker)
Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel nie meer waterig lyk nie en totdat dit stol as jy ‘n klein bietjie daarvan op ‘n koue piering skep.
Skep die konfyt in gesteriliseerde flesse en seël dadelik. Bêre op ‘n koel, droë plek.
Sit voor met roosterbrood of botterbroodjies of gebruik om konfyttertjies mee te maak.

Foto: Zörana Geldenhuys

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5