Your Recipe Blog

FRIKKIE SE MIELIEBROODJIE MET KAAS EN UIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute | Servings: 2 broodjies

FRIKKIE SE MIELIEBROODJIE MET KAAS EN UIE

  • 200 g botter, by kamertemperatuur
  • ¾ koppie suiker
  • 4 eiers, by kamertemperatuur
  • 1 koppie jogurt/karringmelk/amaz
  • 300 g mieliepitte, van die stronke af gesny
  • 3 eetlepels gekapte pietersielie
  • ¼ koppie fyngekapte ui
  • 1 chillie, fyngekap of ½ teelepel chillievlokkies
  • 120 g gerasperde cheddarkaas of ander sterkerige kaas
  • 2¼ koppie koekmeel
  • 1 koppie mieliemeel
  • 4 teelepel bakpoeier
  • 1½ teelepel sout

Klits botter en suiker saam tot lig en donsig.
Voeg die eiers 1 vir 1 by en klits stadig maar deeglik tot glad.
Roer jogurt / karringmelk / amazi by en hou eenkant.
Meng die mieliepitte, pietersielie, uie chillie en kaas met die bottermengsel met ‘n houtlepel.
Sif die koekmeel, mieliemeel, bakpoeier en sout saam.
Meng die droë bestanddele met die res van die bestanddele.
Dis ‘n stywerige deeg. Skep in 2 voorbereide 30 cm pannetjies en maak mooi gelyk.
Bak by 170°C vir 45 min tot mooi bruin, of tot die toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel in die panne tot lou voor jy hulle uitkeer om heeltemal koud te word.

Resep geplaas deur Frikkie Jones
Foto:  Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5