Your Recipe Blog

FRIKKIE SE KAASBALLE

FRIKKIE SE KAASBALLE

  • Balle:
  • 400 g roomkaas, sag
  • 200 g sterk Cheddar, fyngerasper
  • 200 g Gouda, fyngerasper
  • Paar druppels Tabasco
  • sout en peper na smaak (Ek gebruik truffelsout)
  • Gremolata:
  • 1 bos pietersielie, fyngekap
  • bos grasuie, fyngekap
  • fyngerasperde geel skil van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyngerasper

Meng al die bestanddele vir die balle saam en rol in balletjies soos die gees jou lei.
Meng die bestanddele vir die gremolata saam en rol die balle daarin.

Gebruike:
Saam met kraakbeskuitjies as ‘n “snack”.
In ‘n kosblik werk toe.
Ek vat soms sommer een en breek dit op in ‘n omelet en laat dit smelt.
Op ‘n broodjie gesmelt.
Jy kan dit in gekapte neute rol of fyn biltong of “crispy” fyngekapte “bacon bits.”

Foto en resep: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5