Your Recipe Blog

FRANSI SE MAKLIKE ROOMKAAS

2 - 3 dae

FRANSIE SE MAKLIKE ROOMKAAS

Die was my eerste keer en ek sal dit nooit weer koop in winkels nie. Hierdie is ongelooflik lekker.
Mens kan nie ophou eet nie.

  • 2 liter Amasi
  • sout en grofgemaalde swartpeper na smaak

Neem ‘n 5 liter emmertjie of enige houer of bak waarin jou vergiettes pas.  Plaas ‘n skoon kaasdoek binne-in die vergiettes en giet die Amanzi daarin sodat die Amazi kan deurloop, so die boonste bak moet nie aan die bodem van die onderste een raak nie.
Sit ‘n deksel bo-oor en plaas dit in die yskas vir 3 dae.
Skep na 3 dae die roomkaas wat in die kaasdoek agterbly uit in ‘n bak, meng met sout en grofgemaalde peper en skep dit in bakkies met deksels.
Plaas die bakkies terug in die yskas.
Ek het sout en grofgemaalde swartpeper gebruik, maar jy kan kruie en geursels van jou keuse na smaak gebruik, selfs “sweet chilli sous”.

Foto en idee gepos deur:  Fransie Krige

One Review

  1. Marlene

    Annelie Imbrailo – Ek maak my eie roomkaas vir die afgelope 20+ jaar op hierdie manier. Dit werk soos n bom. Indien jy dit ‘n bietjie stywer wil hê soos Philidelphia sin, Maak soos volg, bring jou kaasdoek met die roomkaas wat oornag gedreineer het, se punte bymekaar en gee ‘n stywe druk. Plaas dit terug in die sif of vergiettes en plaas ‘n bakkie met ‘n swaar klip bo op. Laat weer oornag of vir ten minste 8 ure dreineer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5