Your Recipe Blog

ERRIEDA SE OONDVLOER HOENDER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 Minute

ERRIEDA SE OONDVLOER HOENDER

Met Errieda Du Toit se toestemming deel ek vandag haar Oondvloer hoender met julle. Ek plaas dit in haar eie woorde. Baie baie dankie Errieda hierdie is regtig ‘n wenner, heerlike bros velletjie en sappige vleis en alles net in 25 min. Die oond is bietjie bespat, maar die smaak vergoed daarvoor 🙂
Errieda Du Toit skryf:
Ek is ‘n roast chicken, Sondaghoender freak. Wat is jóú trieks? Een van my gunsteling maniere is om vlinder/spatchcock hoender teen supersoniese spoed gaar te maak op die VLOER van ‘n vrekwarm oond binne 25 MINUTE tot sappig, deurdrenk van smaak en die broste goudbruin vel.
Kleinerige hoender gevlinder en ruggraat uitgesny .
Die trieks wat jy uithaal is: – om die hoender ‘n paar ure vooraf met growwe sout in te vryf (ek gebruik my kosbare grys sout – sel gris nogal, gekoop met ons Frankryk-kosreis in 2019). Dit laat die sout tot in die vleis ingaan, en is ook die sleutel tot die kraak, bros vel. – en hier kom die rêrige triek. Die oond word vooraf behoorlik tot sy warmste voorverhit 250ºC. Die gesoute hoender word eers op die stoofplaat goudgebruin vir 3 minute. (Sorg dat jy so 45 ml kookolie in die pan het en dit ‘n rokie begin maak voor jy die hoender borskant na onder versigtig insit). Dan word die pan – hoender steeds borskant na onder – op die oondvloer geplaas. (moenie bedek nie).
Wat 25 minute later uit die oond kom is ‘n brosvel, smaakmeesterstuk.
Bedien dit met suurlemoen wiggies.
Die metode is van die New York sjef Ned Baldwin.

Foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5