Your Recipe Blog

ERIKA SE PAPTERT

ERIKA SE PAPTERT

  • olie
  • botter
  • 1½ beker water
  • krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
  • 1 houertjie room
  • 1 pakkie “potato bake”
  • Roast Vegetable pastasous
  • 1 klein blikkie chakalaka met mielies
  • kaas, gerasper
  • 2 uie, opgesny
  • tiemie

Om pap te maak, kook die water in swaarboom kastrol. Sodra kook, draai plaat af tot op laagste. Voeg ‘n knypie sout en twee koppies pap (krummelpap meel) by. Meng deur om krummels te vorm. Sit deksel op en roer elke 10 – 15 minute. Prut so vir ongeveer 50 min.

In ‘n pannetjie, sit bietjie olie en botter en braai twee opgesnyde uie daarin tot bruinerig. Kan ook bietjie tiemie bygooi.

Plaas gaar krummelpap in ‘n oondvaste bak. Meng dan die gebraaide uie, chakalaka en pastasous volgende by die krummelpap. Meng goed deur.

Maak die “potato bake” aan met die room en giet bo-oor die krummelpapmengsel.
Laaste sprinkel gerasperde kaas oor na smaak.
Bak in oond by 180°C tot “potato bake” gestol het.

Resep en foto: Erika Foot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5