Your Recipe Blog

EMMERENTIA KOEKIES

Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 150 koekies

EMMERENTIA KOEKIES

Lekkerste koekies vir kersfees tyd is Emmerentia koekies.
Bron onbekend maar ek het dit oor die jare my eie gemaak en my skoonseun dink dit is die beste.

  • 5 koppies koekmeel
  • 5 koppies hawermout (oats)
  • 5 koppies klapper
  • 2 koppies rosyne
  • 500 g Stork Bake margarien
  • 3 koppies suiker
  • 4 eetlepels gouestroop
  • 2 eiers
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1 eetlepel kookwater

Meng die margarien, suiker, gouestroop en eiers saam.
Smelt saam in ‘n pot tot die suiker heeltemal opgelos is en laat afkoel.
Los die koeksoda op in die kookwater en voeg by die afgekoelde suikermengsel.
Meng al die droë bestanddele goed saam en voeg die suikermengsel en eiermengsel om die beurt by tot alles goed gemeng is.
Rol in balletjies, pak op ‘n voorbereide bakplaat en bak ongeveer 15 minute in oond 180°C.

Resep: Louis En Nelsie Fritz
Fotos: Carol Visser

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5