Your Recipe Blog

EGTE WESKUS VISKOEKIES

Recipe by
Cook: 4 - 5 Minute | Servings: 20 medium viskoekies

EGTE WESKUS VISKOEKIES

Hierdie resep kom saam met baie generasies uit Vredenburg en omgewing. My ouma het my geleer om die viskoekies te maak. Ek moes nou eers die viskoekies maak om die resep te kon neerskryf, dit is sedert kind in my kop hoe om te maak, sonder mates, alles met die oog en hand geskat. En moenie ‘n ander vis probeer nie. Dit kom nie dieselfde uit nie.

  • 1 kg gevlokte gaar snoek
  • 1 groot ui, fyngekerf
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 hand vol gekapte vars pietersielie
  • 1 eetlepel sout
  • 1 teelepel wit peper
  • 200 ml water
  • 2 groot eiers

Ek kook die snoek in ‘n bietjie water sonder sout tot net gaar, ongeveer 20 minute. Laat afkoel tot jy dit kan hanteer. Verwyder die vel en grate. Vlok die snoek nie te fyn nie.
Voeg by die fyngekapte uie, gekapte pietersielie, sout, peper en meel. Meng goed deur. Meng water en eiers apart en meng nou met die vis mengsel.
Rol bolletjies in jou palms en druk effens plat met jou hande. Sit in medium hitte olie. Gebruik verkieslik ‘n swaarboom kastrol, ek gebruik sommer my swart plat pot. As olie te warm is bak die viskoekies te donker dan is dit nog pap binne. Olie moet wel warm genoeg wees en bruis as jy die viskoekies insit.
Bak ongeveer 4 minute en draai die koekies om, bak verder tot goue kleur.

Nota:
Bedien met kapokaartappels en gemengde groente of slaai.
Hierdie koekies is ook heerlik yskoud, idiaal vir jou kosblik.

Resep en fotos: Karen Kirstein

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5