Your Recipe Blog

EENPOT EIERVRUGETE

Recipe by
Cook: 30 + 45 minute

EENPOT EIERVRUGETE

  • 2 groot uie, grof gesny
  • 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 eiervrugte (brinjal of aubergine), geskil en in blokkies gesny
  • 300 tot 400 g maalvleis, uitmekaar gebreek
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 sakkie tamatie pasta
  • 1 – 2 eetlepels fyn knoffel, of na smaak
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel witpeper (ek gebruik meer)
  • 1 eetlepel balsamiese asyn of suurlemoen sap
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 koppie basmati of bonett rys
  • olie en botter vir onder in die pot

Sit genoeg olie en ‘n groot klont botter in ‘n dikboom kastrol en voeg nou al die bestanddele in die pot.  Meng alles liggies saam, begin eers kook as alles in is.
Vul pot met water totdat water sigbaar is net bo bestanddele.
Kook vinnig vir  30 minute en stel plaat stadiger dat dit net prut met die deksel op.
Prut vir om en by 45 minute of totdat alles sag is en die rys gaar is.
Proe nou vir sout en pepper.
En voila aandete in een pot.
Dit is baie tamatierig maar smelt-in-die-mond trooskos.
Geniet.

Foto en resep: Delene Breytenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5