Your Recipe Blog

EEN BAK HOENDERGEREG

Recipe by
Cook: 100 minute | Servings: ongeveer 6 - 7 porsies

EEN BAK HOENDERGEREG

  • Plaas ‘n laag rou Basmati rys onder in ‘n groot oondpan
  • ongeveer 12 stukke dye en boudjies
  • 1 botterskorsie, in skywe
  • aartappels, in blokkies
  • gekapte uie
  • rooi en groen soetrissie, gesny
  • sampioene, gekerf
  • geelwortels, geskil en in blokkies gesny

Pak die hoender porsies op die rou rys en sit die res van die bestanddele tussen die hoenderstukke.

  • Maak ‘n sous van die volgende:
  • 2 liter water
  • 8 eetlepels mayonaisse
  • 4 eetlepels blatjang
  • 2 pakkies hoendersoppoeier
  • hoenderspeserye
  • bietjie fyn naeltjies

Meng al die bestanddele van die sous saam en giet oor hoender en groente.
Maak die bak toe met foelie en bak by 180°C vir om en by 1 ½ uur.
Haal foelie af en bak ‘n verdere 10 minute tot bruin.

Prutpot idee:
Frans van Rensburg
Ek het vandag Petré se “Een bak hoendergereg”  wat eintlik in oondpan moet kom net so in my slow cooker gemaak. (Op high vir 5 ure. Maak net seker aartappels is sag.) Heerlik!
Resep net so gebruik. Genoeg vloeistof. Alles perfek vir slow cooker. Ek het gewone Tastic rys gebruik. Dankie Petré!

Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5