Your Recipe Blog

EDIE SE SHAKSHUKA

Recipe by
| Servings: 4

EDIE SE SHAKSHUKA

  • 2 eetlepels klapperolie of olie van jou keuse
  • 1 gekapte ui
  • 1 gekapte rooi soetpeper
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 10 ml suiker
  • 5 ml fyn komyn (cumin)
  • 5 ml paprika
  • 3 ml droë rooipeper of chillie peper of harissa paste (chilli paste) weet nie of dit in SA beskikbaar is nie
  • 3 ml sout
  • 400 g geblikte tamaties
  • swart peper, na smaak
  • vars kolander of pietersielie
  • 4 eiers

Braai die uie en soetrissie vir sowat 5 min net totdat die uie sag en deurskynend is.
Voeg knoffel en speserye by en braai vir een min.
Voeg jou geblikte tamaties by.
Kook vir 5 min.
Maak 4 holtes in jou tamatiemengsel en breek ‘n eier versigtig in elke holte.
Sit deksel op en kook op lae hitte vir 5 na 8 min.
Toets na 5 min as jy van sagte eiers hou.
Strooi sout na smaak oor die eiers.
Sit gekapte koljander of pietersielie oor, soveel soos jy daarvan hou.
Bedien net so of saam met pittabrood of enige ander brood.

Nota:
Ek persoonlik hou van dit spicy en sit meer droë rooipeper of harissa paste in.

Foto en resep: Edie Janse van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5