Your Recipe Blog

DURBAN BUNNY CHOW IN TUISGEBAKTE BROOD

DURBAN BUNNY CHOW IN TUISGEBAKTE BROOD

Not for the faint hearted. Ek sou graag broodmeel wou gebruik maar kon nie kry nie. Het toe koekmeel gebruik. Indien iemand hou van ‘n sagte kors broodjie kan daar ‘n smeer soos bv olie (2 eetlepels) of botter 100 ml bygevoeg word. Ek hou van ‘n taaierige broodjie. Die deeg is ook sag. Doen dit maar omdat gis sukkel in Kaapse koue weer. ‘n “Slapper” deeg rys makliker. Ek span ook ‘n x-straal warm plaatjie (by dierewinkels beskikbaar vir slange en akkedisse) in vir die rysproses.

  • Basiese broodresep:
  • 25 g nat suurdeeg (koekie suurdeeg)
  • 250 ml sterk louwater
  • 2 teelepels suiker
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 1 kg koekmeel
  • 8 ml sout
  • ± 500 ml louwater (moet jou vinger daarin kan hou vir 10 tellings)

Los suurdeeg op in louwater waarby suiker en die 2 eetlepels meel ingeroer is om suurdeeg te aktiveer.
Wanneer suurdeegmengsel borreltjies maak, Meng die 1 kg meel en sout en voeg die suurdeegmengsel by.
Voeg die 500 ml louwater by die suurdeegen meelmengsel en meng deur.
Indien mengsel nog water nodig het, voeg nog louwater bietjie vir bietjie by. Meng tot ‘n redelike hanteerbare deeg en knie tot die deeg loskom van jou hande af.
Maak die deeg toe en sit eenkant. Laat rys tot deeg dubbel in volume is.
Knie die deeg af en verdeel in twee. Plaas in 2 voorbereide broodpanne en laat staan weer om te rys. Wanneer panne vol gerys is, bak in ‘n voorverhitte oond teen 200 ºC vir ‘n uur.

  • Kerrievulsel:
  • 500 g skaapstowevleis
  • 1 blik gekapte tamaties of 2 vars tamaties, opgesny
  • ± duimgrootte vars gemmer
  • knoffel na smaak
  • 1 groot ui
  • 1 rissie, opgesny (graad van brandintensiteit na eie keuse, rissie gee “hitte” maar verleen ook smaak)
  • 5 ml sout of meer
  • 1 teelepel suiker
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 heel naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 5 kerrieblare
  • gekapte dhania/vars koljander
  • 1 eetlepel garum masala
  • 2 eetlepels dhania of fyn koljander
  • 1 eetlepel jeera/komyn
  • 5 kardemonsade
  • aartappels na smaak

Neem ‘n groterige pot en bedek boom met ‘n dun lagie olie.
Voeg al jou poeiers en sade by en braai liggies.
Voeg uie by en meng goed. Voeg tamaties by en dan vleis. Meng goed sodat elke stukkie vleis bedek is met kerriemengsel.
Voeg water by en kook totdat vleis begin sag word. Voeg die aartappels by asook gekapte vars dhania.
Prut alles oor lae hitte saam totdat die aartappels gaar is en sous dikkerig.
Gebruik vir bunny chow of vir kerrie en rys.
Sny ‘n groot stuk van die vars brood af, hol hom bietjie uit en skep die kerriemengsel binne in, bedien saam met die brood wat jy uitgehaal het om die lekker sous mee op te vee.
Lekker eet.

Resep en foto’s: Delene Breytenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5