Your Recipe Blog

DJ’S KOEJAWEL SPONS NAGEREG

DJ’S KOEJAWEL SPONS NAGEREG

  • 1 blik 410 g koejawels (Koo)
  • 1 pakkie rooi jellie
  • 200 ml kookwater
  • 250 ml melk
  • 2 hoogvol teelepels Maizena
  • 100 ml koue water
  • 2 eetlepels suiker
  • 4 groot eiers, geskei
  • kersies of ekstra koejawel skywe en geklopte room vir garneering

Maak jellie aan met kookwater.
Plaas die koejawels en jelliemengsel in ‘n verwerker met ‘n kaplem  – meng goed tot koejawels fyn gekap is.
Skei die eiers.
Bring melk tot amper kookpunt, verwyder van hitte.
Meng die Maizena, suiker, 100 ml koue water en eiergele in ‘n klein bakkie, meng goed.
Voeg die mengsel by die warm melk terwyl jy heeltyd roer en plaas terug op hitte tot verdik en gaar. Laat pot afkoel in ‘n bak met yswater.
Sodra afgekoel, voeg by die koejawelmengsel, meng goed deur. Plaas in yskas tot dit amper begin stol.
Klits eierwitte tot stywe punt stadium en vou met ‘n houtlepel in die koejawelmengsel in – plaas oornag in yskas.
Voor bediening versier met kersies en vars styfgeklopte room

Eie resep en foto:  resep genoem na my seun – Tessie Pretorius

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5