Your Recipe Blog

DIK BOONTJIESOP

DIK BOONTJIESOP

  • 1 groot pak suikerboontjies, oornag geweek in water
  • 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 8 wortels, geskil en in ringe gesny
  • 1 gekapte ui
  • 4 “Beef chin” skywe
  • Worchestersous
  • 2 beesvleis ekstrak blokkies
  • sout
  • peper
  • 1 pakkie tamatiepasta

Spoel bone af en plaas in ‘n prutpot (of gewone pot).
Spoel “beef chin” af plaas bo-op die bone in die pot.
Vul met water totdat alles bedek is.
Kook oornag op stadige of outomatiese verstelling.
Voeg water by indien nodig.

Volgende oggend:
Wanneer die bone en vleis sag is, verwyder die bene. Voeg die uie, wortel en aartappels by en kook verder tot stadig en dik.

Nota:
Let wel moet geen sout of enige geurmiddels byvoeg voor bone sag gekook is nie anders bly die bone hard.

Resep en foto: Elizabeth Randell Swart

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5