Your Recipe Blog

DENZY SE KERRIEVIS

DENZY SE KERRIEVIS

(Curry pickled fish)

  • ½ koppie olie
  • 6 uie, in ringe gesny
  • vis van keuse, in stukkies gesny
  • 2 eetleppels kerrie poeier
  • 1 pakkie pickle spice
  • 4 lourierblare
  • 2 teelepels coriander
  • 1 teelepel swart peperkorrels
  • 2 eetlepels borrie
  • 2 koppies suiker
  • 2 koppies asyn
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 koppies water
  • 1 koppie blatjang
  • 1 koppie appelkoossap
  • 2 eetlepels Maizena
  • sout en peper

Vis:
Verhit olie. Sout en peper vis, rol in koekmeel en bak tot gaar. Hou eenkant.

Uie:
Kook uieringe in water vir 5 min. Voeg kerrie masala, borrie, lourierblare, pickled spice, peperkorrels, coriander sade, asyn, suiker, blatjang, appelkoossap by en kook uie tot lekker sag.
Meng 2 eetlepels Maizena met bietjie water en voeg by sous om lekker te verdik.
Pak vis in ‘n bak en gooi uiesous oor.
Laat afkoel en plaas in yskas vir 2 dae.

Resep en foto: Denzel Koenana

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5