Your Recipe Blog

DEIDRE SE KAASKOEK

Cook: 2 hours

DEIDRE SE KAASKOEK

  • Kors:
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • 2 teelepels suiker
  • 6 eetlepels botter, gesmelt (ek gebruik hier my diskressie vir die hoeveelheid)
  • Vulsel:
  • 450 g roomkaas
  • 1 koppie versiersuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • Ekstra:
  • 2 x 250 ml Orley Whip (of 500 ml room)
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • 1 eetlepel versiersuiker

Meng gesmelte botter en suiker deeglik met fyngemaakte beskuitjies. Druk vas op bodem en kante van gesmeerde 23 cm losboompan. Bak vir ± 7 minute of tot goudbruin by 180°C.

Meng vulselbestanddele saam.
Klop die room, vanilla en versiersuiker eenkant tot styf en vou in roomkaasmengsel in.
Skep vulsel in afgekoelde kors, maak toe met foelie en sit in yskas vir 2 ure of tot gestol (ek verkies om dit te oornag).

Wanneer gestol, versier met vrugte van u keuse.

Variasie:
Meng ‘n blik kondensmelk met 1 suurlemoen se sap en meng dit by die vulsel in, laat die versiersuiker in die geval uit.

Dit is heeeeeerlik!

Resep en foto:  Deidre Nadine Losper

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5