Your Recipe Blog

DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN

Recipe by
Cook: 60 minutes

DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN

Vir ‘n “alkoholvrye” opsie het ek die Brandewyn met appelsap vervang en karamel geursel gebruik in die plek van vanilla, soos gesien kan word op die foto, is heerlik en ‘n lekker groot poeding.

  • Deeg:
  • 500 g fyngesnyde dadels
  • 2 koppies kookwater
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1 ½ koppie suiker
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eiers, geklits
  • 2 koppies bruismeel
  • knippie sout

Los die koeksoda in die kookwater op en gooi oor die gesnyde dadels. Hou eenkant.
Room die botter en suiker en voeg die geklitste eiers by. Meng goed.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel.
Voeg die dadels by en meng baie goed. Gooi in ‘n voorbereide oondpan en bak by 180°C vir 1 uur.
Sny die poeding in blokkies  of steek gaatjies oral en gooi die volgende stroop oor.

  • Stroop:
  • 2 ½ koppies suiker
  • 1 ½ koppies water
  • 2 teelepels vanilla
  • 2 eetlepels botter
  • ½ koppie brandewyn

Kook alles behalwe die brandewyn saam, voeg die brandewyn by en gooi die warm stroop oor die poeding.
Bedien saam met vla of roomys.

Resep: Rina Kleinhans
Foto een: Elsabie O’Neill Ackerman
Foto twee: Nicolette Papas

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5