Your Recipe Blog

CORNELIA SE LEKKER AARTAPPELSOP

CORNELIA SE LEKKER AARTAPPELSOP

Ek het ‘n hele paar resepte gaan “google”. En besluit om my eie resep te maak aangesien ek nie kaas of room in die huis gehad het nie.

  • 500 g spek stukkies
  • 1 ui, gekerf
  • 1 kg aartappels, in blokkies gesny
  • 2 blokkies hoenderaftreksel
  • 1 ½ liter kookwater
  • 1 pakkie sampioensop
  • 1 pakkie wit uiesop
  • 1 liter melk
  • sout, peper en gerookte paprika na smaak

Braai die spek en ui tot gaar.
Skep die uitmengsel uit en sit die aartappelblokkies in dieselfde pot met die 2 hoenderblokkies en kookwater. Laat kook tot sag. Druk die aartappels fyn. Behou die water.
Meng soppoeiers saam met melk en voeg by.
Voeg die gebraaide spek (ek het so 100 g uitgehou vir garnering oor sop met opdiening) en ui by en roer goed deur. Laat stadig prut tot lekker dik.
Voeg sout, peper en gerookte paprika by volgens smaak.
Dit is heerlik en so vinnig en maklik om te maak.
Geniet dit!

Resep en foto: Cornelia Myburgh

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5