Your Recipe Blog

CORINNE SE PAVLOVA NAGEREG

CORINNE SE PAVLOVA NAGEREG

Ek het dit jare gelede by iemand geëet wat graag kamp, bietjie aanpassings gemaak en dit het CORINNE SE NAGEREG onder ons vriende geword.

  • 1 groot pavlova dop
  • 1 groot blik koejawels
  • 1 blikkie karamel kondensmelk
  • 1 blik swart ontpitte kersies
  • 1 houer ultramel vla

Breek stukkies van die pavlovadop (gewone skuimpies word te gou pap) in ‘n groot plat bak, sny die koejawels kleiner en versprei dit tussen die gebreekte pavlova.
Skep teelepels karamel kondensmelt tussen die vrugte, dreineer die kersies en versprei dit ook tussen al die ander en voeg laastens die vla bo-oor.
Jy kan enige vrugte gebruik, vars aarbeie of ander bessies, soos wat ek hier gedoen het bo-op en bietjie neute is ook lekker en lyk mooi.

Resep en foto: Corinne Munro

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5