Your Recipe Blog

“COME BACK” SOUS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: ongeveer 300 ml.

“COME BACK” SOUS

  • 1 koppie mayonnaise
  • ¼ koppie tamatiesous
  • ¼ koppie chillisous (sweet chilli sous werk ook as jy dit nie so warm wil he nie)
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • 1 teelepel uiepoeier
  • ½ teelepel knoffelpoeier
  • 2 teelepels Worcestersous
  • 1 eetlepels growwe swart peper (of na smaak)
  • ¼ teelepel tobascosous
  • ¼ koppie olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen

Meng alles lekker saam en sit in yskas vir ten minste 3 ure, dan “trou” die geure.
Die sous kan so maand in die yskas bewaar word, maar glo my hy vlieg vinniger as die melk van die koffie.
Ons eet dit oor alles, dit het begin by die hoenderburgers wat ek gemaak het, ons het nou al vark en steak en vis saam dit geëet.
Sy naam doen hom gestand -comeback sauce!

Nota:
Hierdie sous het nie baie fiemies nie, jy kan selfs bietjie uie en knoffel baie fyn rasper en gebruik as plaasvervanger.

Resep geplaas deur Lizelle Lehman De Jager
Foto’s: Rina Kleinhans  en Janel Van Deventer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5