Your Recipe Blog

COCA-COLA FRIKKADELLE

Recipe by
Cook: 1 Uur | Servings: 15 Balletjies

COCA-COLA FRIKKADELLE

Hans het toe vir ons die Coca Cola frikkadelle van gister gemaak. Dit is heerlik. Hy het sommer net rys en ‘n gebakte aartappeltjie daarby bedien. Die groen rissie het ons weggelaat.
Coca-Cola Frikkadelle maak ‘n heerlike aandete. Kan ook as ‘n voorgereg bedien word.

  • 450 g maer beesvleis, (1 pond)
  • ½ koppie gekruide broodkrummels
  • 1 eier
  • 1 eetlepel water
  • 1 ui, fyngekap, verdeel
  • ½ teelepel sout, verdeel
  • ½ teelepel swartpeper, verdeel
  • 2 teelepels vars knoffel, fyngedruk
  • 1 koppie tamatiesous, (dik ketchup)
  • 1 koppie Coca-Cola
  • 2 eetlepels Worcestershire -sous
  • ½ groen soetrissie, opsioneel

Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F)-Spuit ‘n oondbak van 20 x 30 cm (8 x 12 duim) met “spray-n-cook.
In ‘n groot mengbak meng die vleis, broodkrummels, eier, water, die helfte van die gekapte ui (die helfte van die groen soetrissie, indien gebruik) die helfte van die sout en die helfte van die swartpeper – meng goed en vorm balletjies en plaas in ‘n enkele laag op die voorbereide oondbak.
Meng die oorblywende ui, sout en peper in ‘n klein bakkie, voeg die knoffel, tamatiesous, Coca-Cola, Worcestershire-sous en die groen soetrissie by en giet oor die frikkadelle.

Bak 50 – 60 minute (twee keer omdraai) tot die sous borrelend is en die frikkadelle heeltemal gaar is.

Nota:
Kan ook ‘n heel groen soetrissie gebruik: voeg die helfte by die frikkadelmengsel voordat u balletjies vorm en die helfte in die sous wat bo-oor gegiet word.

Resep getoets en foto: Steyn Elaine

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5