Your Recipe Blog

CHOUX BUNS

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute

CHOUX BUNS

  • Kraaklaag:
  • 100 g sagte botter
  • 100 g Demerara suiker (bruin)
  • 125 g koekmeel
  • Choux poffertjies:
  • 150 ml volroom melk
  • 150 ml water
  • 2 ml sout
  • 15 ml strooisuiker
  • 125 g botter
  • 200 g koekmeel
  • 4 jumbo eiers (220 g – 250 g eiers), geklits

Begin met kraaklagie:
Meng al die bestanddele vir die lagie saam tot glad en goed deur gemeng is. Rol uit tussen twee lae waspapier.
Pasop vir te dun dan breek dit maklik, te duk en die poffers rys moeilik.
Plaas deeg in yskas vir ‘n uur.

Voorverhit oond tot 200°C.

Vir die choux poffertjies:
Meng die melk, water, sout, suiker en botter in ‘n pot en verhit oor medium hitte tot botter gesmelt is, laat kook vir ‘n minute.
Voeg die koekmeel op een slag in en roer tot dat deeg los kom van die kante van die mengbak en ‘n bal vorm. Roer en los op stoof vir ‘n minuut om meeste vog uit te kook.
Plaas deeg in mengbak om af te koel tot, nog warm op gevoel maar nie te warm nie.
Voeg geklitste eiers bietjie bietjies by deeg, meng goed tussen elke byvoeging.
Meng tot dik en blink.
Skep die deeg in ‘n versierbuis.

Haal die kraak deeg uit die yskas en druk sirkils uit, sit een kant.

Op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgelê is spuit choux deeg in sirkles (bietjie grootter as die van die kraaklagie).
Plaas die kraak lagie bo op die choux deeg.

Plaas in die oond en bak vir 15 – 20 minute tot gerys en lig goud bruin.
Verlaag hitte tot 150°C. Steek gatjies in die poffers en plaas terug in oond en bak verder vir 15 min tot droog. Koel af op afkoel rakkie.

Vul met enige vulsel soos verkies.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5