Your Recipe Blog

CHINESE GRAANVLOKKIES HOENDER POPS

Recipe by
Cook: 18 min.

CHINESE GRAANVLOKKIES HOENDER POPS

  • 4 hoender borsies sonder vel in klein blokkies gesny
  • ½ koppie koekmeel
  • 4 koppie fyngedrukte graanvlokkies
  • ½ teelepel elk van sout, pepper, knoffel sout en gerookte paprieka
  • 2 eiers
  • ¼ koppie melk
  • ¾ koppie braai sous enige van jou keuse
  • ¼ koppie heuning
  • 14 koppie tamatiesous
  • 1 eetlepels Worcestersous
  • 1 teelepel sojasous
  • ½ groen soetrissie in fyn repies gesny
  • ½ wortels in repies gesny
  • ½ ui in repies gesny

Stel oond op 200°C, voer oond pan met bakpapier uit.
Meng graanvlokkies, sout, pepper, paprika en knoffel sout saam. Klits eier en melk goed.
Strooi meel oor hoender en meng goed.
Doop hoender stukkies een vir een in eier mengsel en dan in graanvlokkies en pak op waspapier uit.
Bak vir 18 minute, draai na 9 minute om.
Plaas al die bestanddele vir die sous in pot en kook op lae hitte met deksel op vir ten minste 10 minute.
Wanneer hoender uit die oond kom pak in opdien bord en gooi sous oor.
Heerlik saam met basmati rys of groen slaai.

Foto en Resep: Clive-Linda Cawood-Wilson

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5