Your Recipe Blog

CHARLOTTE SE SJOKOLADE BRUINTJIES

CHARLOTTE SE SJOKOLADE BRUINTJIES

Het die  BROWNIES al baie gemaak vir troues en funksies en glo my, niemand sal kan raai dat hier nie regte sjokolade in is nie!!

  • 175 g margarien/botter, gesmelt
  • 375 ml suiker
  • 3 eiers
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 187,5 ml koekmeel (¾ koppie)
  • 125 ml kakaopoeier
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout

Klits die eiers en suiker saam.
Voeg die vanilla, meel, kakao, bakpoeier, sout en gesmelte margarine by die eier en suiker mengsel en meng goed deur. Skep die beslag in ‘n medium grootte gesmeerde oondpan en maak gelyk. Bak by 180ºC in ‘n voorafverhitte oond, totdat ‘n toetspennetjie skoon uitkom wanneer dit getoets word. Moenie te lank bak nie. Strooi versiersuiker oor.

  • Versiersel:
  • 6 eetlepels melk
  • 6 eetlepels margarien (kamertemperatuur)
  • 1 ½ koppies witsuiker
  • 1 koppie gebreekte sjokoladeblokkies
  • 5 ml vanilla geursel

Meng die melk, margarien en suiker saam in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Laat dit stadig kook vir 30 sekondes en verwyder dadelik van die plaat.
Voeg die sjokolade stukkies en vanilla by en roer totdat die mengsel glad en sjokolade heeltemal gesmelt is. Giet die versiersel dadelik oor die warm brownies en sny dan in blokkies.

Resep en foto: Charlotte da Silva

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5